Skip to content
Beskuit

Rusks / Beskuit

A Taste of Home, One Dunk at a Time

Craving that comforting crunch with your morning koffie?
Beskuit — or rusks, if you must — is more than just something to dip. It’s tradition. It’s memory. It’s a quiet morning wrapped in a warm blanket, wherever in the world you find yourself.
Here you’ll find recipes shared by South Africans living in Germany

Important Info

🥣 Self-Raising Flour

Self-Raising Flour Isn’t Common in Germany 
Most German supermarkets don’t sell self-raising flour. The good news? It’s easy to make your own. 
Simply mix:

  • 1 cup (125g) plain flour
  • 1 tsp baking powder


This works perfectly in most South African baking recipes.

🌾 Bran = Kleie

Looking for Bran Flakes?

In Germany, bran is called Kleie.

For recipes that use bran flakes, look near the breakfast cereals or muesli aisle. If you only need plain bran, you’ll usually find Weizenkleie (wheat bran) in the baking or health food section.

🧁 Baking Powder Explained

German vs South African Baking Powder

German baking powder is usually single-acting, while many South African recipes were developed using double-acting baking powder.

This means South African baked goods may rise a little differently when made in Germany. Don’t worry—it usually still works well, but following the recipe carefully will give you the best results.

Recipes

Buttermilk Rusks

Karringmelk beskuit

Anysbeskuit

375g botter of margarien
470ml suiker
4 groot eiers
4x500g bruismeel
15ml anys
10ml sout
2.5ml kremetart
1 liter kookmelk

  • Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by.
  • Sif droë bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel.
  • Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg.
  • Laat 5 minute staan.
  • Rol in balletjies en pak teenmekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm.
  • Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180 °C tot gaar.
  • Laat afkoel en droog beskuit uit.

Neut en saad beskuit

550g bruismeel
15ml bakpoeier
250g Nutty Wheat
500ml geroosterde muesli
50g gekapte pekanneute
50g gekapte okkerneute
100ml sonneblomsade
50ml sesamesade
500g koue botter, in klein blokkies gesny .
100ml pampoensade
500ml karringmelk
380g suiker
10ml asyn
2 groot eiers

  • Sif die bruismeel en bakpoeier saam.
  • Voeg die Nutty wheat, neute en sade by.
  • Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit goed gemeng is.
  • Klop die karringmelk, asyn en eiers saam.
  • Voeg dit by die meelmengsel en roer tot al die bestanddele goed gemeng is.
  • Verdeel die mengsel tussen twee broodpanne van 29 × 12 cm.
  • Bak 50–60 minute lank in ’n voorafverhitte oond van 180 °C, of totdat die mespunt skoon uitkom.
  • Haal die beskuit uit die panne en sny dit in stukke.
  • Verlaag dan die temperatuur tot 100C en bak dan die beskuit tot dit heeltemal uitgedroog is

Boere beskuit

750 ml melk
750 ml suiker
500 g botter of margarien
25 ml sout
3,75 kg koekmeelblom
3 pakkies kitsgis
1 liter water
3 eiers,geklits

  • Meng meelblom, kitsgis en sout saam.
  • Kook melk, suiker, botter en water saam (oppas vir oor kook).
  • Laat afkoel tot lou.
  • Voeg eiers by.
  • Voeg melkmengsel by meel en meng.
  • Knie goed deur. (Indien ‘n bietjie styf, voeg nog melk by.).
  • Maak warm toe en laat rys vir ongeveer 1½-2 uur of tot dubbel die grootte. Vorm balletjies, sonder om af te knie, en sit in gesmeerde panne.
  • Laat rys op ‘n warm plek totdat dit in grootte verdubbel het.
  • Bak vir 1 uur in ‘n warm oond (180 C).
  • Net voor dit uitgehaal word, word glassuursel opgesmeer. (Klits 10ml suiker met 12,5ml melk en smeer bo-oor.)
  • Sit terug in die oond tot dit blink en goudbruin is.
  • Keer uit op afkoelrakke.
  • Sodra dit koud is, breek dit in stukke en droog dit uit in ‘n lou oond, 100 °C vir ongeveer 5 tot 6 uur.

Gesondheidsbeskuit

1 kg volkoringmeel
500 ml koekmeel
250 ml klapper
500 ml fyngedrukte graanvlokkies
200 ml pitlose rosyne
125 ml sonneblomsaad
55 ml bakpoeier
10 ml sout
500 ml suiker
250 g margarien, gesmelt
250 ml sonneblomolie
1 liter kookwater

  • Stel die oond op 180C.
  • Meng al die droë bestanddele, behalwe suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by.
  • Meng. Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne.
  • Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies.
  • Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne.
  • Keer uit, breek in stukke en droog uit

Skurwe Abrahams

650 g koekmeelblom
15 ml kremetart
12,5 ml sout
400 g suiker
250 g botter, by kamer temperatuur
250 ml karringmelk
10 ml koeksoda
1 eier

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Smeer ‘n rolkoekpan van 45 x 30 x 2 cm of bespuit dit met kleefwerende middel.
  • Sif die koekmeeblom, kremetart en sout saam.
  • Voeg die suiker by en meng.
  • Vryf die botter met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is.
  • Meng 25 ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel.
  • Klits die res van die karringmelk en die eier saam.
  • Hou 25 ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel.
  • Meng goed tot ‘n deeg.
  • Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke.
  • Fatsoeneer elke stuk op ‘n meelbestrooide deegplank om ‘n wors van 28 cm te vorm en druk dit effens plat.
  • Sny elke wors in 4 ewe lang stukke.
  • Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan.
  • Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite.
  • Bak hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak.
  • Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog in ‘n koel oond uit.

Related content

Mosbolletjies

Mosbolletjies Soft, sweet, fragrant with aniseed and tradition — mosbolletjies are more than just bread rolls. They carry memories of family kitchens, handwritten recipes, and the unmistakable comfort of home. On this page, South Africans in Germany share their treasured mosbolletjie recipes, baking tips, and little secrets that make every batch special. Because some recipes don’t just feed people — they keep traditions alive. From Our Community Kitchens Submitted by Yvette Antoinette von Solms Special

Bread Recipes

You can read about the different types of Flour on our Baking ingredients section. Take note that the baking powder in Germany is single acting. The baking powder is South Africa is double acting. You can also read about this on the above-mentioned page. BEER BREAD ALLA YVETTE Set the oven to 180 ℃ * 1Kg cake flour (405)* 10ml salt* 1 T/s Herbs (Kreuter der Provence)* 15ml sugar* 100g Butter* 2 sachet dry yeast*

South African ‘Roosterkoek’

Roosterkoek: The Heartbeat of Every Braai Golden, smoky, and straight from the coals — nothing says “home” quite like fresh roosterkoek. This fire-kissed bread roll brings comfort to expats and newcomers alike. From the sizzling grills of the Karoo to a chilly balcony braai in Berlin, roosterkoek delivers the unmistakable taste of South African tradition. Soft on the inside, charred and crusty on the outside, it’s made for butter, braaivleis, or just tearing apart while

Facebook
X
LinkedIn
WhatsApp
Email
Threads