Skip to content

South Africans in Germany

Home » For the Foodies » South African Recipes » Lemon Meringue Recipes

Lemon Meringue Recipes

Lemon Meringue — Sarie Mueller

1 Blik Kondensmelk
3 groot eiers
1/2 koppie suurlemoensap (ek vat bietjie meer – seker so 3 groot eetlepels ekstra)
1/2 koppie strooisuiker (het bietjie minder gebruik)
So ongeveer 200 g Frischkäse / Maaskaas / Quark, wat ookal sodat dit minder soet is.

Tertkors van jou keuse – hier het ek ongeveer 100g van die volgraan Leibniz koekies fyngedruk
en met ongeveer 50 g gesmelte botter gemeng.

Oond: 160°C

Skei die eiers.
Klits eierwitte tot baie styf en voeg strooisuiker geleidelik by.
Meng eiergele, voeg kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap by en klits ongeveer 1
min.
Plaas bo-op kors en skep lepelsvol meringue op eiermengsel.
Bak vir ongeveer 25 minute.

Related content