Bok van Blerk & Appel live in Veenendaal NL 30 October
Date & Time
Date
30/10/2026
Time
7:00 pm - 11:00 pm
Venue
56 Wiltonstraat
Veenendaal
Organiser
Bok van Blerk & Appel
info@greifevents.com
Categories
About this Event
Trots Afrikaans is terug in Nederland — en dié keer nóg groter! Ná die ongelooflike sukses van die 2024-uitgawe keer hierdie gewilde Afrikaanse konsertervaring op 30 Oktober 2026 terug na De Basiliek in Veenendaal vir ‘n onvergeetlike aand vol musiek, dans en eg Suid-Afrikaanse gees.
Hierdie jaar se kunstenaarslyn bring drie van Suid-Afrika se gewildste name saam op een verhoog: die legendariese Bok van Blerk, die treffer-belaaide Appel, en die energieke Dodo.
Vir Appel en Dodo is dit boonop hul heel eerste optredes ooit in Nederland — iets waarna Afrikaanse musiekaanhangers lank uitgesien het.
Dodo kom spesiaal na Nederland op groot aanvraag, met sy treffer Janneman wat reeds groot opslae op Nederlandse radiostasies gemaak het.
Verwag ‘n aand propvol treffers, harde saamsing-oomblikke, skoffel op jou gunstelingliedjies en die soort energie wat net Afrikaanse musiek kan bring. Van nostalgiese gunstelinge tot nuwe generasie treffers, vier Trots Afrikaans die musiek, kultuur en gemeenskap wat Suid-Afrikaners wêreldwyd verbind.
Kom sluit die laaste kwartaal van die jaar af met een groot Afrikaanse skoffel-dansvloer — pak jou dansskoene in en bring jou vriende saam vir ‘n partytjie soos net Suid-Afrikaners kan hou.
📢 Important Information
South Africans in Germany is sharing this event on behalf of the organiser to help promote South African community events.
We are not selling tickets and cannot assist with ticket purchases or event enquiries.
