Skip to content

Afrikaans Is Lekker 2026:

When

16/05/2026
6:00 pm - 11:45 pm

Where

Theater Amsterdam
5 Danzigerkade, Amsterdam, 1013 AP

Event Type

STEVE HOFMEYR, SNOTKOP, LIEZEL PIETERS EN DIE GROOTSTE AFRIKAANSE SOKKIE. BINNEKORT VIR SLEGS EEN AAND IN AMSTERDAM •

Afrikaans Is Lekker 2026: ‘n Legendariese Musiekervaring in Amsterdam!

LEKKERDER AS LEKKER EN GROTER AS GROOT, maar tog so intiem en persoonlik soos altyd! Dit is wat jy kan verwag van die AFRIKAANS IS LEKKER 2026 konsert wat op Saterdag, 16 Mei 2026, by die Theater Amsterdam plaasvind. Dit is die eerste keer in jare dat die legendariese Steve Hofmeyr weer sy eie unieke konsert in Nederland hou, terwyl dit Snotkop se heel eerste optrede in die gewilde wêreldland sal wees.

Hierdie magdom van veelsydige talent sluit ook Liezel Pieters in, wat die aand se musiekaanbieding sal verryk. Die konsert beloof om ‘n onvergeetlike Afrikaanse musiekervaring te wees en soos oudergewoonte sal die GROOTSTE Afrikaanse Sokkie na afloop van die vertoning plaasvind – hierdié keer wel met ‘n paar verrassings.

Volgens Wian Smith-Venter, uitvoerende hoof van The Marketing Zoo en organiseerder van die gebeurtenis, is dit vir hulle ‘n prioriteit om aan die behoeftes van Afrikaanse musiekliefhebbers in Nederland te voorsien. “Ons is baie trots op die konserte. Ons is ‘n internasionale bemarkingsmaatskappy, maar ons harte lê steeds by Afrikaans. Daarom het ons besluit om van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars na ons mense in Nederland te bring, en waar beter om die konsert te hou as in die gesogte en toeganklike Theater Amsterdam?”

Maak gereed vir ‘n aand van pure Afrikaanse musiek, lekker kuier, en groot LEKKERte!

Kaartjies op Eventbrite

This event is organised by the The Marketing Zoo team. We are not the organisers and do not manage ticket sales, bookings, or event logistics. All information provided is for awareness purposes only.

Please refer to the official The Marketing Zoo channels for tickets, full event details, updates, and any enquiries.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.